4 algemene oorsake wat keer dat jou vel vlekkeloos en gesond is
Het jy ’n probleemvel? Een of meer van die volgende kwessies kan die skuld daarvoor kry:
1. Jou dieet
Jou dieet hou dikwels regstreeks verband met die gesondheid van jou vel. Kitskos, alkohol en suiker kan gifstowwe vorm en word deur jou vel uit jou liggaam gedwing. Dit veroorsaak puisies. Maak seker jy drink baie water om jou vel gehidreer te hou.
2. Stres en te min slaap
Kry jy nie genoeg slaap nie? Jy kan nie die uitwerking van stres en te min slaap op jou vel keer nie. Hoë stresvlakke kan verband hou met puisies, en stres kan tot ontsteking en gifstowwe in jou liggaam lei. Wanneer jy jou geestesgesondheid verbeter, sal dit ook ’n positiewe uitwerking op jou vel hê.
3. Jou velsorgprodukte
Dis belangrik om die regte produkte te probeer kry wat vir jou vel geskik is, want die verkeerde produkte kan skadelik wees. Kry velsorgprodukte wat spesifiek gemik is op die probleme waarmee jy sukkel, soos vir ’n droë, olierige of sensitiewe vel.
4. Jou higiëne
Persoonlike higiëne is baie belangrik wanneer dit by die voorkoms van jou vel kom. Slegte gewoontes soos om gedurig aan jou gesig te vat, dra olie en bakterieë na jou vel oor en veroorsaak verstopte porieë. Was jou hare gereeld as jy olierige hare het en hou jou kussingslope en selfoon skoon.
Baie van ons drink pille, gebruik duur rome of selfs voorbehoedmiddels om ons vel gesond te laat lyk. Nou is daar ’n natuurlike benadering om jou vel te verbeter en dis vir alle veltipes geskik. MAPP is ’n natuurlike alternatief vir mondelikse voorbehoedmiddels.
Die MAPP-reeks is in twee kursusse beskikbaar – MAPP10 en MAPP30. MAPP10 is ’n intensiewe behandeling met hoë dosisvlakke wat aanvanklik gebruik word om ’n probleemvel te behandel, terwyl MAPP30 ’n instandhoudingsterapie is om die vel in ’n goeie toestand te hou.
Elke MAPP-kapsule bevat die bestanddeel guggul (Commiphora wightii), wat ontsteking verlig, die hoeveelheid bakterieë op die vel verminder, afskeidings ontsmet en genesing bevorder. Dit beheer ook van die algemeenste velverwante probleme soos puisies, witkoppies, swartkoppies en sweertjies.
MAPP is by Clicks, Dischem, Wellness Warehouse, weltoonaangewende onafhanklike apteke en gesondheidswinkels en MAPP se aanlynwinkel by www.mapp.co.za/our-products/ beskikbaar.
Besoek www.mapp.co.za vir nog inligting of volg #MAPP op Facebook @MAPPSkinTreatment, Instagram @mappnofilter en Twitter @MAPPnofilter.
FOTO: iStock/PeopleImages

Leave a Reply